Galaktiese filament

Die heelal binne 500 miljoen ligjare van die Aarde af wat die naaste galaktiese mure aandui.

Galaktiese filamente (ook genoem superswermkomplekse, groot mure of groot aantrekkers)[1][2] is die grootste bekende strukture in die waarneembare heelal. Hulle is massiewe, stringagtige formasies met ’n tipiese lengte van 50 tot 80 megaparsek wat die grense skep tussen groot leemtes in die heelal.[3] Filamente bestaan uit sterrestelsels wat deur swaartekrag gebind word; dele waar ’n groot aantal stelsels baie na aan mekaar lê (in kosmiese terme) word superswerms genoem.

Die ontdekking van strukture groter as superswerms het in die 1980's begin. In 1987 het die sterrekundige R. Brent Tully van die Universiteit van Hawaii se Sterrekunde-instituut waargeneem wat hy die "Pisces-Cetus-superswermkompleks" genoem het. In 1989 is die Groot Muur ontdek,[4] gevolg deur die Groot Muur van Sloan in 2003.[5] Op 11 Januarie 2013 het navorsers onder leiding van Roger Clowes van die Universiteit van Sentraal-Lancashire die ontdekking aangekondig van ’n groot kwasargroep, die U1.27, wat voorheen ontdekte filamante verdwerg het met sy grootte.[6] In November 2013 het sterrekundiges danksy gammaflitse die Groot Muur in Hercules-Corona Borealis, ’n moontlike enorme filament, ontdek. As dit bestaan, sal dit meer as 10 miljard ligjare lank wees.[7][8][9]

  1. R.G.Clowes; "Large Quasar Groups – A Short Review"; 'The New Era of Wide Field Astronomy', ASP Conference Series, Vol. 232.; 2001; Astronomical Society of the Pacific; ISBN 1-58381-065-X ; Bibcode2001ASPC..232..108C
  2. Boris V. Komberg, Andrey V. Kravtsov, Vladimir N. Lukash; "The search and investigation of the Large Groups of Quasars"; arΧiv:astro-ph/9602090 ; Bibcode1996astro.ph..2090K ;
  3. Bharadwaj, Somnath; Bhavsar, Suketu; Sheth, Jatush V. The Size of the Longest Filaments in the Universe. Astrophys.J. 606 (2004) 25-31
  4. M. J. Geller & J. P. Huchra, Science 246, 897 (1989).
  5. Sky and Telescope, "Refining the Cosmic Recipe" Geargiveer 9 Maart 2012 op Wayback Machine, 14 November 2003
  6. Wall, Mike (11 Januarie 2013). "Largest structure in universe discovered" (in Engels). Fox News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015.
  7. Horvath, Istvan; Hakkila, Jon; Bagoly, Zsolt (2014). "Possible structure in the GRB sky distribution at redshift two". Astronomy & Astrophysics. 561: id.L12. arXiv:1401.0533. Bibcode:2014A&A...561L..12H. doi:10.1051/0004-6361/201323020. Besoek op 24 Januarie 2014.
  8. Horvath I., Hakkila J., and Bagoly Z.; Hakkila, J.; Bagoly, Z. (2013). "The largest structure of the Universe, defined by Gamma-Ray Bursts". 7th Huntsville Gamma-Ray Burst Symposium, GRB 2013: paper 33 in eConf Proceedings C1304143. 1311: 1104. arXiv:1311.1104. Bibcode:2013arXiv1311.1104H.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  9. Klotz, Irene (19 November 2013). "Universe's Largest Structure is a Cosmic Conundrum" (in Engels). discovery. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2016. Besoek op 22 November 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search